WIE / WAT IS ONS?

Sorgsentrum wat die volgende bied:

Verskaf kos en verblyf aan inwoners (kry 3 etes per dag):

Ons help graag waar moontlik:

  • Behoeftige persone
  • Gesinne
  • Enkel ouers
  • Alleenlopers
  • Bejaardes

Christelike Ondersteuning / Berading aan persone wat deur moeilike tye gaanvHelp alle inwoners wat in staat is om te werk, om werk te kry
 

Daan het Maranata begin in 2006 toe ons ‘n familie gehelp het met blyplek en kos op ons perseel.

Ons motto is om te help waar en wanneer ons kan, so gou as ons kan.  Ons help die mense met 3 etes per dag, veilige blyplek, Kerk op ons perseel, werk wanneer beskikbaar is. Die doel van Maranata is om die mense by te staan sodat hul weer die werkplek kan binnegaan en aangaan met hul lewens.

Die volgende reëls is van krag by ons : geen drank of dwelms/middels word toegelaat nie. Ons mik daarna dat almal in vrede met die ander kan saamleef. Geen wangedrag gaan geduld word nie.

Die naaste Staatskliniek is Adelaide Thambo – Pyramid kliniek. Een keer per maand besoek die Mobiele Kliniek ons.

Ons werk saam met Solidariteit, Volkshulp, Saps, die hof, Maatskaplike werkers. As die groente en ander donasies genoeg is, deel ons graag met ander instansies.

Maranata ontvang geen finansieël hulp van die staat nie. Ons is afhanklik van donasies. Tans betaal ons die reperasies en instandhouding uit ons uie sak uit.

 

Vir meer inligting kontak Daan 079 5333 828

info@maranatasorgsentrum.co.za   www.maranatasorgsentrum.co.za