Pad Aanwysings – Plot 117 Alpha Laan, Vastfontein, Pretoria:

Neem die N1 rigting noord vanaf Pumulani plaza, ry onderdeur die Petroport, dis die restaurant oor die snelweg tot by Wallmansthal tolhek. Vanaf Wallmansthal tolhek draai links en volg die pad tot u die ou Warmbadpad kry en draai regs. Daar is bordjies wat aandui. Volg die pad wat saam die treinspoor volg tot Lusthof en draai dan links daar by Lusthof en volg die pad sonder om af te draai tot u oor die Apiesrivier gery het. Sowat 300 meter na die rivier is die eerste pad na regs Apiesrivierweg, draai daar regs en dan dadelik links in Alpha laan, ry tot by plot 117. Dis sowat 'n kilometer op die grondpad.

GPS Koördinate:

Latitude:  -25.746111 / Longitude: 28.18806