• Drank, Dagga en Dwelms word GLAD nie op die perseel toegelaat nie. 
  • Die Reels, soos hier uiteengesit, word mondelings met elke nuwe Inwoner bespreek die dag wat hulle intrek
  • Opstaan- en Werksure:
    • Maandag tot Saterdag:
      • 06:00- Opstaan.
      • 06:30- Aantree en Ontbyt.
      • 07:00- Werksdag begin.
      • 12:00- Middagete. (Sop en Brood)
      • 17:00 (Winter) of 18:00 (Somer)- Aandete.
      • 20:00- Kinders in Kamers.
      • 21:00 (Son tot Don) of 22:00 (Vry en Sat)- Ligte uit.
    • Sondag:
      • 07:00- Opstaan.
      • 07:30- Ontbyt.
      • 10:00- Kerk. (Verpligtend)
      • 12:00 of 13:00- Middagete. (Potjie of Braai)
      • 18:00- Aandete. (Sop)
  • Geen Inwoner mag gedurende die Werksdag in hulle kamers lê nie.
  • Kos mag nie kamers toe gevat word nie, moet by eetsaal eet.
  • Mans- Perseel opruim, Instandhouding, Meganies ens.
  • Vrouens- Groente, Skottelgoed en Store.
  • Alle kinders moet die crèche bywoon
  • Ketels, Gasstowe, 2-plaat Stofies, Mikrogolfoonde en Yskaste word nie in die kamers toegelaat nie.
  • Alle nuwe Inwoners moet hulle basiese besonderhede ingee vir die Inwoners register.
  • Geen verhoudings tussen ongetroude Inwoners word toegelaat nie
  • Ongetroude paartjies sal apart geplaas word.
  • NET OOM DAAN mag toestemming gee vir Inwoners wat wil uitgaan.
  • Geen Inwoner mag ‘n ander wegvat in privaat voertuie nie.
  • Vaste Inkomste=Huur;  “Piece-jobs”= 30% van dag se Loon.
  • Dienste gebied:
    • Waskamer; Kombuis; Biblioteek; Winkel; Badkamers met storte;
    • Creche- Verpligtend vir alle kinders, Maandag tot Saterdag, 08:00 tot 16:00.
  • Geen Inwoner in ‘n ander se kamer nie.
  • Oom Daan se Huis- streng verbode.
  • Geen skinderstories of dreigemente met koerante/tydkrifte sal geduld word nie.
  • Niemand mag goedere uit ‘n Stoor/Yskas haal sonder Oom Daan se toestemming nie.
  • Kamers moet voor aantree soggens opgeruim word.
  • Skool- Verpligtend vir alle kinders van skoolgaande ouderdom.
  • Selfone- Nie heeldag op selfoon ‘lê’ nie.
  • Niemand mag ‘n ander se medisyne gebruik nie.
  • Bedel onder mekaar word glad nie toegelaat nie.

Voornemende Inwoners moet asseblief let dat hierdie ‘n WERKENDE plaas is, waar van almal verwag word om ‘n deel by te dra.  Ons is nie ‘n vakansie plaas waar daar net leeg gelê word nie.  Dit is noodsaaklik dat almal wat hier bly, op ‘n manier bydra tot die daaglikse takies op die perseel.